DEUR UTHMAAN SOLOMONS

Die ‘Walking Bus’ projek is ‘n inisiatief wat ‘n paar maande gelede deur die Gemeenskapsveiligheid LUR, Dan Plato van stapel gestuur is in areas soos Mitchells Plain en die Kaapse Vlakte. Dit behels ouers en voogde wie saam met kinders van die omgewing skool toe en terug loop op `n vrywillige basis. Sommige van die ouers sê dat hulle nie net sorg dat die kinders kry om skool veilig, maar hulle het ook verseker dat kinders nie met mekaar baklei langs die pad nie. Meer belangrik nog is die feit dat hulle verhoed dat kinders deur dwelmhandelaars gebruik word om dwelms te smokkel vir hulle. Aangesien die meeste van die persone betrokke vroue is, doen die groep `n  ernstige beroep op meer vaders of manlike voogde, wie veral soggens beskikbaar is, om betrokke te raak by die projek.