Op Saterdag 2 April 2022, het Atlantis Rugbyklub hul eerste liga wedstryd teen Retreat Rugbyklub gewen, met die eindtelling `n indrukwekkende 15-5! Die wedstryd het goed afgeskop met ʼn spesifieke fokus op dissipline en kalmte teen die oppponente.
Die eerste span se kaptein, Darryll Flanagan, meen dat elke speler hul werk goed gedoen het en briljant saamgewerk het. Elke goeie spel het sy foute, en vir Atlantis Rugbyklub moet die spelers nog baie werk aan hul uitvoering tot en met die einde. “Op die oomblik het die span nog nie daardie finale afwerking nie, en moet ons nog baie werk aan die klein foutjies wat gemaak word.
Ek sien uit na wat die seisoen vir ons kan bring, die span is alreeds besig om mekaar te vind,” voeg Flanagan by. Fabian Brandt, afrigter van die eerste span, sê die doelwit vir die jaar is om die eerste rondte van die seisoen, in die top drie te eindig.
“Vir nou lyk die klub goed van binne en buite en ons beoog om ʼn semiprofessionele instansie te hê in die volgende tien jaar,” sȇ Brandt. Die klub se volgende wedstryd is op 11 Mei 2022, en hulle nooi toeskouers.