DEUR ROXXANNE PRETORIUS
Trotse ouers, opvoeders, familie, vriende en mede-leerders het op Donderdag 3 November by Saxonsea Primêre skoolsaal opgedaag om Saxonsea Sekondêr se diploma seremonie by te woon. Dit was ‘n uiters belangrike geleentheid vir die skool se graad 8-11 leerders om te spog met hul akademiese, kulturele en sport prestasies gedurende 2016.
“Saxonsea Sekondêr se doelwit is om rondom die kind se holistiese ontwikkeling te werk en ons as skool het daarin geslaag. Ons as personeel wil graag die ouers bedank vir die ondersteuning wat hulle verskaf. Ons waardeer dit opreg en vertrou dat elke leerder sal besef dat hy/sy hul alles sal gee vir 2017”, het Jay Van Stade, `n onderwyser van Saxonsea gesê.
Behalwe die diplomas wat aan die talle leerders toegeken is, was daar ook ‘n groot hoeveelheid trofees toegeken. Onder andere in verskeie kategorieë soos onder andere die skool koerant, Woorde Open Wêrelde(WOW) kompetisies en natuurlik die belangrikste – die top drie leerders in elke graad.
“Aan die einde van die dag gaan dit oor die kind en wat hulle uit die lewe wil hê. Ons as opvoeders sal ons beste gee, want by ons gaan dit daaroor om ‘n verskil asook ‘n oplossing te wees. Ons kinders moet die geleentheid aangryp. `n Spesiale dank aan die skoolhoof Mnr Deon Claassen asook personeel van ons skool”, het van Stade bygevoeg.