Die gereguleerde instandhoudings- en inspeksieprogramme definieer die periodisiteit van die aktiwiteite wat uitgevoer moet word en die grondslag vir die onderbrekingsbestekke vorm. Die onderbrekings, soos die diensvereiste van ’n motor, is dus soms instandhoudingsintensief en ander keer minder intens. Die duur van die minder intensiewe onderbrekings was tipies tussen 35 en 50 dae, en die meer indringende onderbrekings ongeveer 100 dae lank. Die vereiste aanlegopgraderings of -wysigings kan gewoonlik in een van hierdie onderbrekingsvensters geakkommodeer word. Dit is nie die norm nie, maar dit is nodig dat die huidige onderbreking vir 155 dae geskeduleer word, om die stoomopwekkeren reaktorkopvervanging te akkommodeer, wat onderskeidelik 55 en 12 dae by die kritieke pad van die onderbreking gevoeg het.
- Inleiding / Oorsig
Die konstruksie van die Koeberg-kernkragsentrale het in 1976 begin, met Eenheid 1 wat in 1984 met die netwerk gesinchroniseer is en Eenheid 2 wat in 1985 gevolg het. Dit was ’n suksesvolle projek wat deur ’n Franse konsortium onder leiding van Framatome geïmplementeer is. Sedertdien het Eskom verseker dat die aanleg veilig bedryf en in stand gehou word. Die Koeberg-kernkragsentrale bly die enigste kernkragsentrale in Afrika en een van die betroubaarste kragstasies in die Eskomvloot.
Koeberg-kernkrag is skoon, omgewingsvriendelik en Koeberg is ’n plek waar ’n mens ’n groot aantal uiteenlopende, goed opgeleide, uiters vaardige en geleerde professionele kernkragpersoneel vind. “Hier voel ek tuis, gerespekteer en is ek tegniese en leierskapsgeleenthede gebied. In my ervaring van byna twee dekades in kernkrag het ek die geleentheid gekry om my werk te geniet en my talent in belangrike ingenieurswese-, kernveiligheid- en nou leierskaprolle ten toon te stel, en ek is nie die enigste een wat hierdie geleenthede gegun is nie. Tans is daar baie vrouebestuurders in ingenieurswese, tegnologie en instandhouding asook vroue-ingenieurs by Koeberg,” sluit mev. Nomawethu Mtwebana, algemene bestuurder van die Koeberg-kragstasie (waarnemend), af.
2. Koeberg-brandstofhervulling- en instandhoudingsonderbrekings
Koeberg Eenheid 2 het nou formeel met sy onderbreking begin, wat baie belangstelling ontlok het oor die duur en omvang van die werk wat gedoen gaan word.
By die begin van die onderbreking het Eenheid 2 meer as 450 dae lank aaneenlopend elektrisiteit veilig opgewek. Die Koeberg-eenhede is gelaai met ’n vaste hoeveelheid kernbrandstof, wat vervang moet word wanneer dit opgebruik is. Die hoeveelheid brandstof wat in die kern gelaai word, is ontwerp om die eenhede in staat te stel om ’n bedryfsiklus van agtien maande te handhaaf. Hierdie sikluslengte maak dit moontlik dat die Koeberg-onderbrekings in die lente en die herfs geskeduleer word, om die winter te vermy wanneer die elektrisiteitsvraag in Suid-Afrika die hoogste is.
Die lengte van ’n brandstofhervullingsonderbreking word bepaal deur die omvang van die werk wat gedoen moet word aangesien die brandstofhervullingsonderbrekings die enigste geleenthede is wat beskikbaar is om aktiwiteite uit te voer wat vereis dat die eenhede gesluit moet word.
Mnr. Riedewaan Bakardien, Eskom se hoofkernkragbeampte, het gesê dat Eskom uitsien na die onderbrekings. “Dit gaan ’n lang onderbreking wees – die eerste van sy soort vir Koeberg. Maar ons personeel is voorbereid en vasbeslote om geskiedenis te maak deur sukses te verseker. Kernveiligheid is die belangrikste faktor. Ons sal vooruit gaan, maar sal versigtig vooruit gaan, en seker maak kernveiligheid en die veiligheid van die aanleg, personeel en publiek voor in die gedagte is.”
3. Die Vereiste regulatoriese goedkeurings
Die Nasionale Kernreguleerder (NKR) hoef nie die sluiting van die eenheid vir die begin van ’n onderbreking te magtig nie, maar regulatoriese goedkeuring is gedurende ’n onderbreking nodig voordat die brandstof uit die reaktor afgelaai kan word, weer voordat die brandstof in die reaktor teruggelaai word en laastens voordat die reaktor vir die eerste keer na ’n kritieke toestand geneem word wanneer die eenheid aangeskakel word. Deur die hele onderbreking, en terwyl die eenhede krag lewer, het die NKR-inspekteurs vrye toegang tot die Koeberg-terrein en alle dokumentasie om hulle in staat te stel om regulatoriese inspeksies uit te voer. Daarbenewens moet die NKR alle wysigings aan die aanleg goedkeur voordat ’n wysiging geïmplementeer word wat die vervanging van die stoomopwekkers insluit, en die NKR moet alle veranderinge aan die bedryfslisensie goedkeur wat die verlenging van die bedryfslisensie vir ’n bykomende tydperk insluit, wat oor die algemeen bekend staan as langtermynbedryf (LTB). Daar was ’n mate van verwarring oor hierdie punt in die media, maar die NKR-goedkeuring om die stoomopwekkers te vervang, is heeltemal apart van hulle goedkeuring dat Koeberg langer bedryf word. Die enigste skakel tussen die twee is dat Eskom reeds in 2010 besef het dat dit moeilik sou wees om dit te regverdig dat Koeberg langer bedryf word as die stoomopwekkers nie, tesame met ’n beperkte aantal komponente, vervang word weens bekende operasionele verouderingsmeganismes nie. Die vervanging van hierdie groot komponente (laedrukturbines, elektriese transformators, elektriese kragopwekkers, brandstofopgaartenks, eenheidsreaktorvatkoppe, stoomopwekkers) is alles ingesluit in die stasie se tegniese plan, en die meeste van hierdie komponente is reeds vervang.
4. Koeberg se langtermynbedryf
Ingevolge die regulatoriese proses om Koeberg se bedryfslisensie te verleng het Eskom by die NKR aansoek gedoen om Koeberg vir nog 20 jaar te bedryf. Eskom is tans besig om die vereiste studies en veiligheidsevaluasies te finaliseer wat toon dat Koeberg vir langer veilig bedryf kan word, wat volgens die proses teen middel-2022 aan die NKR voorgelê moet word vir hulle formele regulatoriese hersiening. Hierdie studies, wat met internasionale ondersteuning uitgevoer is, het geen addisionele aanlegverouderingskwessies of -probleme geïdentifiseer wat ’n bykomende tydperk van bedryf sou verhinder nie. Dit is te verwagte aangesien die ontwerpkodes vir die eenhede uiters konserwatief is en die streng regulatoriese omgewing verseker dat die eenhede goed onderhou word. Baie eenhede van soortgelyke ontwerp as Koeberg het hulle bedryfslisensies suksesvol tot 60 jaar verleng, en party het reeds goedkeuring om 80 jaar lank bedryf te word. In die lisensieproses is openbare deelname die verantwoordelikheid en prerogatief van die NKR, maar daar word verstaan dat daar openbare betrokkenheid sal wees. Die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) het ’n goed gevestigde en duidelike dokumentproses om riglyne aan kragsentrales te verskaf oor verouderingsbestuur en lewensverlenging. Volgens mnr Riedewaan Bakardien “was die IAEA ’n bedryfsvennoot ten opsigte van langtermynbedryfstudies en riglyne vir verouderingbestuur. Ek is bly dat die IAEA ons onafhanklike beoordelaar was. Saam met ander ‘waghonde’ in die bedryf, soos WANO, is hulle insette en terugvoer deur die jare gebruik en geïmplementeer as deel van ons voortdurende verbetering, en ons sal voortgaan om gedurende hierdie reis saam met hulle te werk.”