Die Orion Organisasie se gronde was op Dinsdag, 8 Maart 2022 in ‘n opwindende rep en roer met die vier van hulle 40ste verjaarsdag. Met behulp van die gemeenskap, kon die organisasie vir die 150 begunstigdes en inwoners ‘n heerlike partytjie reël. Die vreugde in die verskillende laggies, skreeue en sing-stemme was tekenend van die begunstigdes se trots om te kon deelvorm van die organisasie en sy 40ste herdenking. Soos vir `n mens wat 40 jaar oud word, is dit ook vir ‘n organisasie ‘n besonderse groot voorreg. Behalwe die vieringe, skep dit die platform om te reflekteer oor wie jy was, wie jy is en wat jy nog wil doen. Hier is op nog 40 jaar van Orion se optimale dienslewering aan mense met gestremdhede en hulle families!