DEUR ROXXANNE PRETORIUS
Die kleur pers word gewoonlik geassosieer met koninklikes en luukshede, maar vir baie kankerlyers en veral diegene wat dit oorwin – is dit die kleur van hoop. Dit simboliseer krag, veggees en bowenal die voortsetting van lewe ongeag moeilike omstandighede.
KANSA in samewerking met die TB / HIV Care Association het aan die einde van Oktober hulle sesde Kanker Relay for Life vir die Mamre / Atlantis / Pella aangebied. Die geleentheid – wat blyk om jaarlikse te groei – was by die Wesfleur sportgronde gehou en het dwarsdeur die nag geduur. Die doel van hierdie sosiale geleentheid was om die oorlewendes se nuutgevonde kanse in die lewe te vier en om mense in die algemeen bewus te maak
Vroeër die dag was `n gesellige middagete by die Saxonsea Laerskool gehou waar almal goodie bags, T-hemde, asook ‘n heerlike middagete ontvang het. Meer as 40 spanne het deelgeneem en hulle ondersteuning getoon deur die dra van die kleur wat `n spesifieke kanker-tipe verteenwoordig. Borskanker is verteenwoordig deur pienk, kinderkanker met goud, en prostaat en testikulêre kanker met blou. Maar die mees sigbare kleur was egter pers (vir oorlewendes), en pienk vir borskanker-maand. Onder die massas was welbekende komediant en TV-persoonlikheid Soli Philander, Chante Holloway (Mej SA finalis) en Robyn van Rooyen, ook ‘n kankeroorlewende.
Veskeie ander kompetisies het ook die deelnemers besig gehou. Die drie grootste kompetisies was gewen deur die Pink Ladies (beste fondsinsamelings), Go Getters (spangees) en NAC Pom Pom (Missie aflewering). “KANSA se doel is om die stryd teen kanker te lei. Ons missie is om navorsing te bevorder, ondersteuning te bied aan almal wat deur kanker geraak word en om mense op te voed oor die siekte. Toe ons hierdie projek begin het, het ons het geen befondsing gehad nie, maar te danke aan al 14 skole in Atlantis, sommige kerke en al ons borge, was ons in staat was om ons teiken van R90 000 te bereik”, sê Alna Kraak, voorsitter van KANSA en ‘n werknemer van die TB / HIV Care Association.