HomeSportNuwe organisasie wil plaaslike sport-talent help slyp

Nuwe organisasie wil plaaslike sport-talent help slyp

-

Die stigter van `n nuwe organisasie meen ons gemeenskappe het ongelooflike rou talent, kinders met natuurlike vermoë, passie en ’n liefde vir sport, maar te dikwels sonder die regte leiding, blootstelling en kennis om daardie talent ten volle te ontwikkel.

Sergio Arends (22) van Mamre, sê sy organisasie, genaamd The Rise, will graag sportdeelname en ’n aktiewe, gesonde leefstyl bevorder, asook die ontwikkelingsgaping in sport en fiksheid binne minderbevoorregte gemeenskappe oorbrug. Die inspirasie agter die organisasie was klein Sergio, ’n kind met ’n groot liefde vir rugby. Hoewel hy verskeie geleenthede gehad het om die sport te beleef, het hy nie altyd die nodige mentorskap, opleiding en blootstelling gehad om sy volle potensiaal te ontsluit nie.

Sy storie is nie uniek nie. Dit is die werklikheid van baie kinders in ons gemeenskappe en dit is presies hoekom hierdie inisiatief begin is. “Aan die begin van November 2024 het ons met individuele en groep sessies vir rugby begin,” vertel Arends. Namate die belangstelling gegroei het, het die visie ook groter geword. The Rise bied sessies aan by kleuterskole, skole, sowel as hul eie programme. Kinders vanaf die ouderdom van sewe jaar is welkom om aan te sluit. Met rugby fokus die organisasie ook op fiksheid deur middel van ’n stapklub, groepsfiksheidsessies en fiksheidsprogramme.

Ter viering van hulle eerste bestaansjaar, het hulle besluit om 50 rugbyballe uit te deel, maar met die hulp van ongelooflike ondersteuning kon hulle uiteindelik 72 rugbyballe aan plaaslike kinders uitdeel. “Dit gaan hier nie net oor rugby of fiksheid nie. Ons doel is om gemeenskappe bloot te stel aan alle tipes sport en om kinders te help glo in hulself en hul drome,” vertel Arends.

Related articles

spot_img

Featured