HomeCommunityMamre biblioteek bemagtig vroue met talle programme

Mamre biblioteek bemagtig vroue met talle programme

-

Die Mamre biblioteek het hulle Vrouemaand vanjaar besonders gemaak met ’n reeks programme wat nie net vroue vereer het nie, maar ook werklike geleenthede vir bemagtiging geskep het.

Die vieringe het op 8 Augustus afgeskop met ’n spesiale seremonie vir onderwyseresse van plaaslike kleuterskole en Mamre Primêr. Die biblioteek het saamgespan om ’n gesellige atmosfeer te skep, terwyl Michelle Fortuin, bestuurder van die Basic Package of Support-program, die gehoor geïnspireer het oor die belangrikheid daarvan dat vroue ook tyd maak om na hulself om te sien.

Op 14 Augustus het die biblioteek die dames van TB/HIV Care gehuisves vir ’n emosionele byeenkoms. Gemeenskapsleier en motiveringspreker, tannie Sarah “Baby” Roberts, het die groot waarde van sorgwerkers in die samelewing uitgelig. Sy het beklemtoon dat hulle dikwels nie net versorgers is nie, maar ook geselskap en steun vir mense wat hulle besoek. ’n Ander belangrike projek is die WISE-program (Women Information Skills Empowerment), wat steeds aan die gang is. Vyf vroue word hier toegerus met praktiese vaardighede soos CV-opstel, aanlyn aansoeke, onderhoudvoorbereiding en e-posgebruik.

Die organisasie Working on Fire ondersteun die program deur deelnemers aan te stuur. Alhoewel begrotings en lokale soms ’n uitdaging was, het die biblioteekpersoneel dit met kreatiwiteit en spanwerk oorkom. Volgens die biblioteek was elke aktiwiteit ’n hoogtepunt op sy eie manier en het dit ’n merkbare verskil in die lewens van vroue gemaak. Baie deelnemers het gesê hulle het dit waardeer om tyd te kry om net te ontspan, erkenning te ontvang en nuwe energie op te doen.

Related articles

spot_img

Featured